top of page

Professionele Aanlyn Vertalingsdienste

Afrikaans

TranslationServices.com bied professionele vertalingsdienste tussen feitlik enige tale en in enige vakgebied. Ons professionele span het al duisende dokumente gelewer aan tevrede kliënte in Johannesburg, Kaapstad, Ethekwini en die wêreld om. Of jy vertaling van of na Afrikaans, Hindi, Spaans of Sjinees benodig, belowe ons om vir jou 'n vertaling uit die boonste rakke te bied.

Kontak ons vir 'n kwotasie.

Watter dienste bied ons?

TranslationServices.com bied hoë-gehalte vertalingsdienste vir 'n breë reeks kliënte, van besighede tot akademici en outeurs. Boonop Afrikaanse vertalingsdienste, bied ons ervare werkspan ook vertaling van en na meer as 100 ander tale.

 

Onder andere bied ons:

  • Vertaling vir Besighede. Moet jy 'n katalogus van Afrikaans na Engels of 'n ander taal vertaal? Ons bied vertalingsdienste vir handleidings vir Menslike Hulpbronne, produkbeskrywings en enige besigheids- en reklame inhoud.

  • Letterkundige vertaling. Voel jy gereed om uit te ryk na internasionale lesers? Ons het al vertalings van boeke in feitlik enige genre gedoen, van hygromans, tot wetenskap-fiksie, tot memoirs. Ons vertalers van literêre werke doen meer as net woord-vir-woord vertaling om te verseker dat die ware karakter van jou skryfwerk behoue bly.

  • Mediese vertaling. Ons bied nie self vertaling van mediese skryfwerk nie, maar het in vennootskap getree met 'n mediese vertalingsdiens-firma wat vinnige en akkurate vertaling van notas, verslae, pasiënt-onderhoude asook ander mediese dokumente kan doen, van of na Afrikaans.

  • Regskundige vertaling. Ons het in vennootskap getree met 'n regskundige vertalingsdiens-firma wat beide die ervaring en vaardigheid het vir die vertaling van jou intensiebriewe, affidavits, titelaktes, privaatheidsbeleidgeskriftes asook ander regtelike dokumente. Hierdie diensverskaffer is altyd professioneel en hou alle inligting hoogs vertroulik.

  • Gesertifiseerde vertaling. Maak gebruik van hierdie diens indien jy vertaling van 'n akademiese rekord, huwelik- of egskeidingsertifikaat of ander noodsaaklike dokument benodig vir immigrasie of ander soortgelyke doeleindes.

  • Lokalisasie. Be-oog jy om jou besigheid uit te brei na die buiteland? Ons kan jou inhoud aanpas tot spesifieke lande en streke.

  • Algemene vertalingswerk. Het jy dalk net die dringende vertaling van 'n Afrikaanse dokument nodig? Ons vertaal feitlik enigiets en is boonop bekostigbaar en akkuraat. Kontak ons gerus om enige van jou Afrikaans-verwante vertalingsbehoeftes te bespreek.

Wie is ons?

Die vertalers by TranslationServices.com is almal hoogs-gekwalifiseerd, professioneel, ervare en het 'n besonderse oog vir die fyner behoeftes van elke taak. Ons Afrikaanse vertalers is gespesialiseer in 'n reeks onderwerpe, wat beteken dat ons elke projek kan oorgee aan die mees gepaste spanlid. Kortom, ons is verskaffers van die beste vertalingsdienste aan die mense van Johannesburg, Kaapstad, Ethekwini en elders.

Hoekom sal jy vir TranslationServices.com aanstel?

  • Ons verskaf bekostigbare en akkurate besigheids-, akademiese- en letterkundige vertaling vir enige onderwerp of genre.

  • Ons bied 'n menslike en professionele diens in enige taal en onderwerp.

  • Anders as ander vertalingsdienste, maak ons nie hoofsaaklik gebruik van algoritmes en rekenaars nie, maar laat elke taak oor aan die menslike kennis van lede van ons hoogs-gekwalifiseerde span.

Ons is trots op die hoë gehaltestandaarde wat ons professionele vertalers handhaaf en ons waarborg dat jy sal tevrede wees met ons werk.

Kontak ons vir 'n kwotasie.

bottom of page